In ‘n glaskas

Meeste van ons ken iemand of het dalk self ’n glaskas waarin ons daardie spesiale stel breekgoed bêre of waarin ons ‘herinneringe’ gestoor word. Hier en daar sal jy nog ’n fondant oorgetrekte vrugte troukoek met sy fyn blommewerk sien. Soms net die uitnodigings na troues. Die dankie sê geskenkies. Dan is daar die glas beeldjies of gesnyde blomvase. Selfs versamelstukke.

Ek onthou my ouma se kas met nostalgie. Ek kon dikwels net daar staan en die storie en herinnering agter elke item waardeer. Dikwels het ek ook oor die storie agter elke beeldjie gewonder. Een ding wat uitgestaan het is hoe spesiaal daardie herinneringe was.

glass cabinet
Google image

Elkeen van ons heg waarde aan iets. ’n Liedjie. ’n Muntstuk of klippie wat jy opgetel het een spesiale dag. ’n Ou droomvanger wat al verkleur het en waarvan die veertjies vergete jare al verbrokkel het. Selfs ’n ou sjampanje kurk, met ’n datum en die aangeleentheid daarop geskryf. Foto’s – die mees bekende een aan ons almal.

Herinneringe is fundamenteel. Sentiment laat ons waarde heg aan items wat ons daaraan herinner. Die een kan nie sonder die ander nie. Dit is die prag van hierdie unieke items –

memerobilia
Google image

hoe bizarre dit ook al vir ander mag lyk. Wanneer herinneringe begin vervaag, kan daardie glaskas jou geheue verfris en ’n sagte glimlag optower, jou oë wasig maak en jou hart vermurwe.

Waardeer dit. Bewaar dit. Onthou dit.

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s