Waagmoed … of malligheid?

Spring van ‘n krans af, uit ‘n vliegtuig, van ‘n brug af …

glass-bridge-zhangjiajie-national-forest-park-tianmen-mountain-hunan-china-fb__700-png
Coiling Dragon Cliff skywalk deur boredpanda

“Nee dankie, ek het my lewe lief,” was altyd my antwoord. Wie spring dan ook uit ‘n vliegtuig wat niks makeer nie? Wel, ek het reeds van ‘n krans afgespring en ek kan nog nie glo ek het ingestem om uit ‘n vliegtuig – wat hopelik niks makeer nie – te gaan spring nie. Ek hou egter voet by stuk, ek sal nie bungee nie. Val kop eerste aarde toe? Aikôna!

Zhangjiajie-Grand-Canyon-Glass-Bridge-lead-1020x610
Zhangjiajie Glass Bridge – Google images

Niks kom egter by die gekkigheid van op glas oor niks, let wel, niks, nada, boggerol! loop nie. Lug. Dis wat daar is. Lug. En ja oukei, aarde. Maar baie, baie, BAIE ver ondertoe! Ons lag wanneer ons die video’s kyk en skrik saam wanneer daai kamma krake verskyn, maar regtig, sal jy dit gaan doen? Ek dink ek kry hartversaking nog voor ek my voet by die ingang waag. Wat, ek kry hartversaking en ek het nog nie eens oorweeg om ooit so iets te doen nie! Jy moet regtig ‘n adrenalien-vraat wees om dit te doen, of net plein laf in die verstand … En as ek nie oppas

glass viewing platform
Glass platform – Google image

nie is ek dalk eendag een van daardie gekkiges. Net oor dit iets is wat mens moet probeer, sou jy in die omgewing wees.

En ek dink nie om jouself te probeer wysmaak dat dit ‘n ‘prentjie’ is, gaan werk nie …

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s