Talente

Waar kry ons ons talente vandaan?

Dusk till Dawn Art Exhibition (2)
Firefly glow under normal light by Annie Olivier

Hierdie is nie ’n gesprek wat ek nog net een of twee keer by betrokke was nie, maar met my sussie se fluorescence landskap-reeks uitstalling genaamd ‘Dusk till Dawn’ waarby ek self weer ademloos gelaat is, het die vraag weer sy draai kom maak. Nou kyk, ek weet dat my ma mooi kan teken en ek weet my Ouma het bietjie met woorde gespeel, so dit het as vanselfsprekend gekom dat ons die talent mos geërf het.

In daardie oomblik wat ons gesels het oor talente en wat elke een van ons wat in die gesprek betrokke was goed kan doen, het ek egter tot die besef gekom dat dit eintlik alles van jouself afhang. Ja, die talent kan in jou familie wees, maar as jy nie daaraan werk en verbeter en tyd daaraan bestee nie, gaan dit net by krabbels bly. Die wonder van die lewe? Jy kan die eerste een in jou familie met ’n nuwe talent wees.

AnnieOlivierfirefly glow uv
Firefly glow under UV light by Annie Olivier

Jy kan selfs meer as een talent hê en daar is mense wat alles doen wat hulle kan en dikwels goed is in elke liewe talent wat hulle het. Ek weet dit uit ervaring, want alhoewel ek kan skets wanneer ek tyd maak, is dit my sussie wat die ongelooflike talent het om die skilderye wat sy optower, lewe te gee. Haar hele persoonlikheid dra tot hierdie werke by en ekself sal nooit dieselfde tyd en visie daarin kan belê soos sy doen nie. Juis omdat my passie skryf is.

Niks in die lewe kom egter maklik nie en dieselfde geld vir ons albei. Net soos my sussie, Annie Olivier, het dit tyd en deursettingsvermoë geverg om ons onderskeie talente af te rond en sukses te behaal. Dit hou ook nie daar op nie. Jy moet daagliks daaraan werk. Die lekkerte? Hoe kan dit werk wees as jy dit soveel geniet?

typewriter
Provided by Google images

Ons is kreatiewe wesens en ek glo dat elke een van ons in werklikheid ’n wonderlike talent het. Hetsy dit skilder, skryf, komedie, besigheidsvernuf, tuinmaak, DIY, sport of wat ook al is. Daar is iets in elke een van ons se lewens waarin ons goed is of kan wees. Dit is net ons eie verantwoordelikheid om agter te kom wat daardie talent is en hoe om dit reg toe te pas.

So wat is jou talent?

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

One thought on “Talente”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s