Veranderende wêreld

20180807_085706Dit voel of ek by ’n troue is met die Jakaranda bome se blaartjies wat soos confetti om my warrel in die Augustus wind. Hierdie jaar voel dit egter baie anders hier aan die begin van die laaste maand van winter. Die Augustus winde is hierdie jaar presies op tyd, maar dis ook asof lente reeds in die lug is. ’n Vreemde, maar ook steurende, gedagte. Augustus moet nog bibberend koud wees, maar nou begin plante alreeds blom en stoot hulle al nuwe lote uit. Dit terwyl ander nog hul blare verloor.

Met die veranderende weerpatrone raak dit al hoe duideliker dat ons ’n nuwe fase bereik. Wat hou die veranderende wêreld alles vir ons in en is ons gereed vir hierdie

Spotted Oceanic Triggerfish, Canthidermis maculata, hiding in the middle of plastic garbage.
Image by Paulo Oliveira/Alamy from NRDC page: Ocean pollution

nuwe seisoen wat op ons wag? Globale verwarming is geruime tyd al ’n realiteit en nog doen ons nie genoeg om hierdie wêreld waarop ons lewe te help nie. Die oseane is vol plastiek, die lug vol ongesonde gasse en ons eet geneties aangepaste kosse. Wat het geword van ons verantwoordelikheid om na die natuur om te sien? Daagliks word die gejaag net groter en word tyd net minder … maar is dit werklik die geval?

Neem 1 minuut om stil te gaan sit in die tuin. Maak dit sommer met jou oggend koffie of tee. Slegs 1 minuut in jou besige dag is genoeg om net te sit en te luister na die natuur om jou. Of jy in die middel van ’n besige stad woon, of op die platteland of op die plaas. Elke een van ons kan sekerlik 60 sekondes afstaan om rustig te word. Eerstens doen dit wonders vir die siel en laat dit jou ontspan. Tweedens laat dit jou besef jy hoef nie net te bestaan nie, jy kan lewe ook.

1-50-Extremely-Ingenious-Crafts-and-DIY-Projects-That-Are-Recycling-Repurposing-Upcycling-Cans
Image from http://www.homesthetics.net

Die beste van alles? Jy kan lewe met ’n verskil. Jy kan die wêreld help. Jy kan jou klein deeltjie doen. Dit kan met iets so eenvoudig begin soos om die seëlringetjies van bottels te sny en sodoende duisende voëls red. Om jou eie inkopiesakke te gebruik elke keer wat jy gaan inkopies doen, verminder plastiekverbruik. Daar is soveel klein goedjies wat ’n verskil kan maak en soveel interessante dinge wat jy met herwinbare produkte kan maak. Raak kreatief as persoon, paartjie en gesin.20180804_084241

My man was so oulik om vir ons plantbokse te bou in sy spaar tyd, waarin ons vir onsself groente kweek. Ons het nie ’n groot tuin nie, maar daardie 30cm tot 1 meter bokse het ons al met heelwat vars en voedingryke groente voorsien. Soms meer as wat ons nodig het en die heerlike ding is dan kan jy dit selfs by die organiese mark verkoop of aan die organiese winkel verskaf. Dit is bevredigend om te weet jy het iets gekweek in ’n stad waar dit onmoontlik klink en tog is dit die nuwe rigting om in te gaan. Boere kry swaar met die reënseisoene wat so onseker raak en tog groei die voedsel aanvraag by die dag.

Hierdie wêreld is die enigste een wat ons het. Wat los ons vir ons nageslagte? Hoekom lewe ons asof môre nie saak maak nie? Ons aksies vandag is immers die toekoms van 20180804_084456môre. Om die wêreld ’n beter toekoms te gee is ’n keuse wat ons vandag moet maak. Vir onsself, maar ook vir elke nuwe generasie. Of ons kinders het of nie, ons het ’n verantwoordelikheid teenoor die aarde. Lewe dus van vandag af met die verandering wat jy in die wêreld wil sien.

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s