Tyd

Tyd het hierdie vreemde manier. Dit het die gawe om op jou af te sluip en dan voor jy jou kom kry, het dit soos ’n kind wat wil stout wees verby jou geglip. Meesal ongesiens en voor jy jou oë uitvee is die tyd verby. Tyd vir dink. Tyd vir skryf. Tyd vir beplan. Tyd vir werk. Tyd vir pret.

“Waar gaan die tyd dan heen?!” wil jy geskok weet.

Dis die misterie van tyd. Jy dink nog jy het tyd en dan het jy dit nie meer nie. Die dat daar soveel navorsing en stories gemaak word rondom tyd. Die teorie van tyd. Tydreise. Tydgleuwe en wat nog als.

Tyd is die onbepaalde voortgesette voortgang van die bestaan ​​en gebeure wat voorkom in die oënskynlik onomkeerbare opvolging van die verlede deur die hede tot die toekoms ~ Wikipedia

Oënskynlik. Hoe interessant is dit nie? Daar is dalk tog ’n kans om in tyd te reis. Sal jy vorentoe gaan in tyd om te sien hoe jou lewe uitdraai? Of sal jy in tyd terug wil gaan om iets reg te stel, te verander of iets oor te doen net omdat dit so lekker was?

Tyd is egter irrelevant. (In my opinie.) Dit is die hier en nou wat saak maak. Wie en wat jy in hierdie oomblik is. Dit is wat jou toekoms bepaal. Nie een van ons weet hoe lank ons het nie, so hoekom dink ons dat nou – hierdie oomblik – nie die regte tyd is om die persoon te wees wat ons wil wees nie? Die lewe te lei wat jy wil lei nie?

“Live life to the fullest.” Dit beteken nie môre of volgende week of volgende jaar nie. Dis nou.

Tyd. Tyd glip weg en jy kry dit nooit terug nie. Hoe gebruik jy jou tyd?

 

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

One thought on “Tyd”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s