Krummelpap in Parys

Na ek VIR ’N OOMBLIK, VIR ALTYD klaar geskryf het (wat eintlik die eerste boek in die Hartebreker reeks is – Verskyn Oktober 2018), het ek gedink dat dit dalk tyd is vir Christelle om haar rieme bietjie styf te loop. Ek was reeds mal oor haar lewenslustige geaardheid en selfversekerde houding, so om haar aan iemand voor te stel op wie sy kan verlief raak – iemand wat heeltemal ongepas is – maar wat nie sommer voor haar skoonheid en flirty geaardheid gaan swig nie, was ’n besonderse ervaring.

Christelle hou daarvan om in mense se lewens in te meng en dink dikwels sy weet van beter. Sy is ’n selfversekerde vrou wat weet wat sy uit die lewe verlang en wat sy wil bereik, maar sy is tog ook opreg vrou diep in haar hart met dieselfde hoop en drome as elke een van ons. In die regte man se arms, sal sy floreer en hy sal die gelukkigste man op aarde wees.Krummelpap in Parys

Om die regte man te skep was ook interessant, want hy moes sterk dog saggeaard wees. Hy moes iemand wees wat ’n sterk vrou soos Christelle kan waardeer en haar bewonder vir haar selfvertroue, maar hy moet ook vir haar ’n steunpilaar kan wees en iemand om na op te kyk. Iemand om te respekteer en iemand wat haar waardig is. Betree, Michael le Grange.

Christelle is vir my tot ’n mate die vrou wat ek wens ek kan wees. Sy het my selfs aangespoor om weer bietjie meer aandag aan my voorkoms te gee. Nie dat daar volgens my man iets verkeerd is met my voorkoms nie, maar dis mos lekker om jouself so nou en dan te bederf – en sodoende vir hom ook. Ek het sommer weer reg-opper begin loop en begin kans sien vir dinge wat ek nie gewoonlik sou waag nie. Dit was nogal ’n interessante ervaring.

Die verhaal wat in Parys afspeel was natuurlik bietjie tricky aangesien ek self nog nooit daar was nie, maar met die hulp van Google street view en al die inligting wat aanlyn beskikbaar is, was dit egter asof ek amper self daar was. Ek gaan ook voorwaar dieselfde ‘roetes’ volg wanneer ons skippie eendag inkom en ons wel in Frankryk uitkom.

Krummelpap in Parys is ’n goedvoel storie en die reis van ’n vrou wat ten spyte van haar selfversekerde houding en denke dat sy alles het wat sy kan begeer, tog nog na die liefde van ’n man smag. Gaan sy dit in Parys vind?

Lees en laat weet my wat jou ervaring was.

Geniet hom. C

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

2 thoughts on “Krummelpap in Parys”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s