Winde van verandering

Elke nou en dan kom daar subtiele veranderings in jou lewe en dan is daar die tye wat daar werklike groot veranderings kom. Ek staan reeds in die middel van so groot verandering …

DSC_0740

Hierdie jaar het tot dusver baie noemenswaardige gebeure gehad. Vir my was die bekendstes in die naghemel. Ons het nie net twee blou mane gehad nie, maar die maan was ook op sy verste van die aarde af en die aarde was op sy verste van die son af; daarom dat ons die langste maansverduistering van die 21ste eeu beleef het en ’n totale verduistering daarby.

Closer to home het ek my eerste publikasie losgeslaan en is daar nie net een boek wat op die rakke verskyn nie, maar drie wat voor die einde van die jaar deur Lapa Uitgewers vrygestel word. Krummelpap in Parys is my debuut boek in die Hartebrekers reeks en nou beskikbaar. Dit word opgevolg deur Vir ’n oomblik, vir altyd wat in Oktober uitkom en dan is daar die Novelle Verband op sy hart (E-boek) wat heeltemal apart staan van die twee en in Desember verskyn. Dit was ’n wonderbaarlike en geweldige trots jaar vir my.

Tog is daar ook die oomblikke wat jou onkant vang. Hoe jy dit hanteer en opstaan en voortgaan, dit is wat jou sterk maak. So toe my man deel word van die statistieke van werkloses na die besigheid waar hy gewerk het deur die ekonomie ten gronde gebring is, het ons ’n paar weke van naels kou beleef. Daar was ’n plan B, maar dit was nie beplan vir nou al nie. Inteendeel, daar was nog nie eens sekerheid in die plan nie, maar daar was ook nie meer tyd nie. Ons moes dringend ’n besluit neem. Waar lê ons toekoms?

Die besluit het ook nie net by ons berus nie en was nie ’n eenvoudige een om te neem nie. Dit was ook ’n besluit wat baie meer geverg het as net die oorweging van werksverandering. Hierdie is ’n loopbaansverandering. ’n Leefstyl verandering. En ’n persoonlike verandering.

Alhoewel ons dit ook al twee jaar bespreek, het ons nooit gedink dinge gaan so vinnig handuit ruk nie.DSC_0134

Wel, geluk by die ongeluk en voorwaar die grootste vooruitsig en uitdaging wat oor ons pad gekom het, kan ons nou weer asem haal … So effens. Daar is nie baie ure in ’n dag nie en vir ’n boer voel dit altyd of daar juis te min ure in die dag is. Al werk jy van sonop tot sononder – en soms langer.

Jip. Ons gaan boer. Ek gaan terug na my wortels toe en my man kan die boerehart wat in hom klop nou voluit leef in die Kalahari.

Daar is nog heelwat uitdagings wat oor ons pad gaan kom, want boer is nie maklik nie en wat die toekoms mag inhou onseker. Maar wanneer jy in die natuur kan wees en elke aand die sterrehemel kan bewonder en weet Waar jou krag vandaan kom, hoe kan jy dan nie so ’n kans aangryp en dit voluit leef nie?

So ons gaan dit met beide hande vasgryp en dit die beste verandering ooit maak.

2016Ek het ook sommer bietjie gaan kyk wat die top 10 interessante feite oor 2018 is. Gaan loer bietjie: https://www.express.co.uk/life-style/top10facts/897723/2018-new-year-top-ten-facts-WW1-Winter-Olympics-South-Korea

Nr.11 – ’n Droom word waar vir die Burger egpaar. (Dis nou ek en my man)  😉

 

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s