Wanneer jou muse afwesig is

Ek het gewoond geraak. Baie gewoond. Is ek dalk bederf? Absoluut. Dit is ongelooflik hoe afhanklik jy eintlik van iemand kan raak. O, ek is nog baie onafhanklik, maar ek is ook geweldig afhanklik van my man. Ek is afhanklik van sy liefde. Sy bystand. Sy aanmoediging. Selfs net sy nabyheid … veral sy nabyheid.

Twee maande gelede het ’n groot verandering in ons lewens gekom. Die grootste was nog op pad. Dit is om vir weke aaneen van mekaar af weg te wees. Hy is op die plaas en ek is in die stad … maar ’n halfduisend kilometer is ’n groot gaping wanneer jy so gewoond daaraan is om daagliks by mekaar te wees. Veral wanneer daardie ‘gaping’ na ’n agt jaar verhouding skielik in jou lewe verskyn.

Ek wonder dikwels hoe paartjies dit regkry om langafstand verhoudings te laat werk. Meeste is dit gewoond. Baie verkies dit so. Sommiges raak selfs so onafhanklik dat hulle dit nie anders wil hê nie. Ek? Ek is nie een van hulle nie, maar wanneer dit die enigste manier is, dan maak jy dit werk. Jy moet.

Dis ’n aanpassing. My muse is nie hier by myThe noose is tied nie. My emosionele welstand is in wanbalans. My skrywerssiel is uitgehonger en my sleutelbord stil … Dit gee my wel baie goeie insae in my karakters se siele vir my nuutste romanse wat moet vorm aanneem. So dalk is hierdie juis die tyd om inspirasie daaruit te put? Moet wees …

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s