Selfs onkruid blom

My ma het ’n sêding: “Blom waar jy geplant is.”

Dit is vir my ongelooflik mooi en eintlik so waar. Maak die beste van jou omstandighede. Wees die verskil wat jy in die wêreld wil sien, daar waar jy is. Moet alles ook nie so ernstig opneem nie. Jy stres onnodig en dit versuur net jou dag.

Ek het ’n paar dae gelede foto’s geneem van die tuin en op ’n plek kom ek op onkruid af. onkruid - in 'n uitheemse tuinOns trek dit altyd uit, want die goed vervuil mos jou tuin. Dit is ’n gewoonte. Daardie oggend het ek gehuiwer. Hier was ’n plantjie wat ook eintlik net sy plekkie in die son soek en boonop was dit met goudgeel blommetjies oortrek. Dit het my dalk daardie oggend gekeer, maar toe die blommetjies weg is en die saadjies begin uitkom, was dit tyd om te gaan.

So is dit ook met die siel. Daar is dikwels onkruid (negatiewe gevoelens/emosies) wat uitgetrek moet word, maar so nou en dan mis ons iets en groei dit tot sy volle glorie. Ons kan besluit om dit te laat blom en dan uit te trek of ons kan dit los tot dit saad skiet … en dan voor jy jou kom kry, het dit jou tuin oorgeneem en klou dit aan alles vas.

Dit is ’n rare geleentheid wanneer onkruid omskep kan word in iets moois (positiewe ervaring/emosies). In ’n tuin wat uit uitheemse plante bestaan, gaan dit dalk amok maak … of die uitheemse plante gaan hom self uitroei. As jou tuin uit inheemse plante bestaan, dan het dit die kans om deel van daardie tuin uit te maak. Dan is die uitheemse plant weer die onkruid.

20130521_093429Soek dus bietjie deur jou siel en kyk hoeveel onkruid in jou tuin is … en besluit of dit tyd is om bietjie tuinwerk te doen.

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s