Vir ‘n oomblik vir altyd

VIR ’N OOMBLIK VIR ALTYD is die eerste boek in die Hartebrekers reeks, maar aangesien ek dit reggekry het om die manuskrip te lank te maak, met ’n volle 10’000 woorde, moes ek dit verkort … Geen maklike taak nie, want as skrywer voel jy dat elke toneel in die storie hoort. Tog, na enkele weke se geswoeg en sweet oor wat om te verwyder, was die manuskrip weereens afgehandel en kon die proses om dit te druk voortgaan. Dit is dan ook hoe dit gekom het dat KRUMMELPAP IN PARYS eerste uitgegee is. Die beste gedeelte. VIR ’N OOMBLIK VIR ALTYD het kort op sy hakke gevolg.

Nou kyk, ek is ’n lang vrou. Soos in regtig lank. 1,88 m hoog. Om dus ’n romanse te skryf vir ’n klein meisie, ’n regtige klein meisie (vir my) op 1,50 m was ’n nuwe ondervinding. Ek moes immers ‘ondersoek’ hoe so klein persoon die wêreld beleef. Interessant genoeg is dit baie dieselfde soos ek, behalwe dat alles die teenoorgestelde is.

Die storie-idee het ontstaan deurdat ek gedink het ek wil ’n storie skryf waar die meisie se ma regtig ’n tierboskat is en nie sommer ’n man laat verbygaan nie, veral nie ’n aantreklike ene nie. Of dit nou haar dogter se kêrel is of nie. Dus het ek ook ’n held nodig gehad wat so ’n uitnodigende en pragtige vrou se truuks kon weerstaan.Vir 'n oomblik, vir altyd

Anita se ma, die wulpse Muriel, probeer natuurlik al baie lank om haar ook in ’n gewetenlose flerrie te omskep, maar Anita kry dit haar lewe lank reeds reg om teen hierdie prikkels te skop. Sy is uit die aard van die saak heeltemal teen haar ma se leefwyse gekant en sy probeer die reguit pad loop, maar dit is soms makliker gesê as gedaan wanneer ander – veral mans – dink dat jy net soos jou ma is. Daarom het sy haarself so te sê weggesluit en was dit dus belangrik om ’n held te kry wat ook van haar ’n selfversekerde vrou kon maak. ’n Vrou wat nie nodig het om gebuk te lewe onder die stigma van haar ma nie.

Met Anita se broer wat ook te voorskyn kom en boonop ook al sy truuks by hul ma geleer het, hoe kon die konflik beter raak as om nog ’n hartebreker aan haar lewe toe te voeg? Een wat sy nie in haar lewe wil hê nie, maar soos die noodlot dit blykbaar beskik, konstant in haar teenwoordigheid plaas. En dan is daar haar inmengerige vriendin, Christelle. ’n Vriendin wat haar beste belange op die hart dra, maar soms ’n vreemde manier het om dit te wys.

Ek het groot pret gehad met die skryf van VIR ’N OOMBLIK VIR ALTYD en my karakters het dikwels hul lot in eie hande geneem. Ek hoop dus dat jy liewe leser dit net soveel sal geniet.

PS. Ietsie wat jy ongelukkig nie sal lees in die boek nie, is dat Dr Guan van Wyk hoogs allergies is vir neute … en dat Anita dit reggekry het om hom amper in die hospitaal te laat beland. Dis net sy geluk dat hyself ‘n dokter is, wat gemaak het dat hy nie in ‘n hospitaalbed opgeëindig het nie. – Ai, dit was een van my gunsteling tonele. Dalk ‘post’ ek dit nog eendag hier op die blog onder ‘deleted scenes’.   😉

Wees ook seker om uit te kyk of haar hartebreker broer, Nico, dit sal regkry om vir Melissa te oorreed om hom weer in haar lewe toe te laat, wanneer BLOMME VIR MELISSA wat Februarie 2019 verskyn.

Geniet dit!

C

Advertisements

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal kus studeer, voor ek teruggekom het Namibië toe. Ek het leeus en olifante teen die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en vandag is ons gelukkig getroud en woon in Windhoek. Bedags bestuur ek ’n gastehuis en saans, wanneer my man soms handig na die kospotte moet gryp, skryf ek die stories wat in my verbeelding lewe kry. Ons toer en kamp gereeld en nuwe inspirasie bly nooit ver agter nie. Ons hou daarvan om nuwe plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s