Lugleegte

Wat doen jy wanneer daar net blank space in jou kop is?

Ek bevind my op ’n vreemde plek. Ek is nie presies seker wat aangaan nie. Mis ek net my man? Het die realiteit van ons lewensverandering begin insink? Skop my gemaklikheid-sone reguleerder in? Kort ek dalk net ’n ordentlike vakansie? Is die lang wag om te hoor of nog ’n manuskrip goedgekeur is die ding wat my skrywe stuit?

blowing-soap-bubbles-in-cold-weather-by-cheryl-johnson-2
Blowing Soap bubbles in cold weather – Google image

Ek dink dit is so ietsie van als. Dis asof ek in ’n borrel staan of dalk op ’n platform met borrels om my. Ek kyk na al hierdie dinge om my, maar nie een spring uit nie.

In werklikheid voel ek bietjie gewigloos. Ek hang in ’n oop spasie. Vasgevang in ’n tydkapsule wat blykbaar nog nie wil laat los nie. Die enigste vastigheid is die hoeveelheid boeke wat ek verorber. Sekerlik ’n teken dat my brein ’n timeout nodig het … maar hoe lank kan dit dan nou voortgaan?

bursting bubble
Bursting the bubble – Google image

Daar is werk om te doen. Manuskripte wat geskryf wil word. Spertye wat ek myself gestel het. A nee a, hoe lank neem dit dan nou om uit hierdie borreltjie te bars? So lank soos dit neem, sê ’n stemmetjie in my kop. Ek is bevrees ek is nie daarmee tevrede nie. Dis tyd om uit die lugleegte te ontsnap. Vandag nog.

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

One thought on “Lugleegte”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s