Hoop

Daar is songs in jou lewe wat ’n oomblik perfek vasvang. Jou gevoelens, jou vrese, jou blydskap, jou hoop. Hoop. Dit is die een wat my vanoggend vasgryp. En geen beter woorde kan my gevoelens vandag vasvang as Jo Black se Bring die hoop weer terug nie.

Iets aan sy liedjies, die gevoel daaragter, die woorde, die musiek, dit spreek my op hierdie tydstip in my lewe geweldig aan.

Die feit dat hy boonop die perfekte toonbeeld is vir ’n gedeelte in my nuutste manuskrip van die verskil tussen ’n man met ’n baard en een daarsonder, dit maak hierdie man nog meer geliefd in my skrywerswêreld. Tussen hom en Jason Mamoa … wie se knieë sal nie lam raak nie?

Maar vir vandag, hier is ’n bietjie hoop vir die pad wat voorlê in die woorde van Jo Black en Johan Vorster. Hou aan hoop!

Bring die hoop weer terug – Jo Black

Hoop, wat is hoop?
Dis die wens dat die son weer opkom
Hoop, wat is hoop?
Dis dat vrede by ons uit kom

Hoop, dis die samesyn voor ‘n wêreldbeker eindstryd
Hoop, dis die taal van ‘n hart
Dis die gees van ‘n man wat uitskree

Bring die hoop weer terug

Daar’s ‘n oorlog hier binne my
Dis vir jou wat teen jouself baklei
Ek sê vir jou, jy is goed genoeg
So, bring die hoop weer terug
Jy’s die lig in die donker gang
Jy’s die baken wat op die heuwel staan
Ek sien die mens wat jy nog kan wees
So, bring die hoop weer terug

Hoop, wat is hoop?
Dis as ons harte na mense terugdraai
Hoop, wat is hoop?
As jy struikel sal jy weer opstaan
Hoop, wees die hoop
Steek jou hande uit na mekaar
Hoop, dis ‘n stem wat sê:
As jy moeg is, sal ek jou dra

Bring die hoop weer terug

Daar’s ‘n oorlog hier binne my
Dis vir jou wat teen jouself baklei
Ek sê vir jou, jy is goed genoeg
So, bring die hoop weer terug
Jy’s die lig in die donker gang
Jy’s die baken wat op die heuwel staan
Ek sien die mens wat jy nog kan wees
So, bring die hoop weer terug

So, bring die hoop weer terug

Daar’s ‘n oorlog hier binne my
Dis vir jou wat teen jouself baklei
Ek sê vir jou, jy is goed genoeg
So, bring die hoop weer terug
Jy’s die lig in die donker gang
Jy’s die baken wat op die heuwel staan
Ek sien die mens wat jy nog kan wees
So, bring die hoop weer terug

So, bring die hoop weer terug

So, bring die hoop weer terug

Songwriters: Johan Vorster / Jo Black

 

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal kus studeer voor ek teruggekom het Namibië toe. Ek het leeus en olifante teen die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en ons is in 2014 getroud. Na agt jaar in Windhoek, het ons uiteindelik na die roep van die natuur geluister en in 2019 die stad agtergelaat. Ons bestuur vandag 'n oord teen die Erongo berge, waar inspirasie my nog daagliks aanmoedig en ek die tyd wat ek kry gebruik om te skryf. Ons toer en kamp gereeld en nuwe inspirasie bly nooit ver agter nie. Ons hou daarvan om nuwe plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s