Positiwiteit – ‘n Keuse

Daar is baie interessante artikels oor positiwiteit en hoe om ’n positiewe uitkyk te kweek. ’n Interessante een wat ek toevallig ontdek het was hierdie een en dit was ’n goeie herinnering dat ons vir ons eie geluk en gemoedstoestand verantwoordelik is:

Artikel: wees positief in gesindheid & denke

Ek het dit heel toevallig ontdek omdat ek skielik Maandagoggend nie kon onthou hoe om die woord ‘positiwiteit’ te skryf nie. Jip. Dit gebeur met ons almal. Veral ek wat daagliks in Engels werk. Dit is ook iets waarop ek onlangs gewys is aangesien ek dikwels neig om Engelse sêgoed in Afrikaans oor te skryf. Nie ’n goeie gewoonte nie, so ek moet my taal ’n slag bietjie opknap.

Maar terug na positiwiteit. Ek hou daarvan om altyd ’n positiewe uitkyk te hê. Die beste in ’n slegte saak te sien. Te leer uit moeilike omstandighede. Te groei en altyd te weet, dit kan erger. Maar soms raak dit moeilik en kan selfs die mees positiewe persoon neerslagtig raak. Kan jy by ’n punt kom waar jy jouself nie in die oggend uit die bed kan trek nie en jy jouself moet forseer om die dag aan te pak. Wanneer al jou voorregte soos om in ’n bed te kan slaap en onder ’n dak te wees, kos in jou maag en ’n werk te hê nie genoeg voel nie. Jy weet jy moet dankbaar wees en jy is … maar dit is nie genoeg nie. Jy voel skuldig dat jy so voel en dit maak jou nog meer neerslagtig.

Dit is moeilik. Een van die moeilikste dinge vir ’n optimis. Vir iemand wie se uitkyk op die lewe daagliks met positiwiteit omhul word om skielik sy glans te begin verloor … dis wanneer jy ’n wake-up call nodig het. Iets om jou te herinner dat hierdie net ’n fase is en dat dit beter sal gaan. Jy moet net jou uitkyk verander en onthou dat daar iets is om voor te lewe. Dat almal om jou se negatiwiteit jou nie moet onderkry nie.

Dis in oomblikke soos daardie dat ’n artikel soos bo-aanstaande goed gepas is om jou te herinner, dit is alles binne jouself. Dink voor jy gaan slaap aan iets anders as die gewone waarvoor jy dankbaar kan wees. Die eerste blommetjie van die seisoen. ’n Rots wat soos ’n pikkewyn lyk. Die kat wat dankbaar begin spin as jy haar agter die ore krap. Think outside the box.

In die oggend, neem ’n oomblik om die dag te begroet voor jy dit aanpak. Organiseer jou gedagtes. Luister na jou gunsteling liedjie of sit juis iets opgewek aan en dans jou litte so effens los. Stap uit en gryp die dag met ’n breë glimlag aan. So what as iemand jou dag probeer opdons nog voor jy jou eerste beker koffie gedrink het. Skud dit af en onthou om daardie vreugde wat in jou siel is uiting te gee. Want as jy daardie fonteintjie toelaat om sy lewenswater in jou are uit te stroom, sal nie eens die morbiedste dag jou van ’n positiewe uitkyk kan beroof nie. En dan kom daardie glimlag sommer vanself en verander ’n treurige dag in een om voluit te leef.

After all, ons leef net een keer en môre is nie gewaarborg nie. So gryp dit aan. Laat weet jou hartsmense jy dink aan hulle en jy is lief vir hulle. Wys jou kolegas dat hulle neerslagtigheid jou nie onderkry nie en wie weet, jy kikker dalk onwetende iemand se dag so op, dat dit vir ’n verandering ’n besonderse dag in hul lewe is en hulle weer kans sien om daardie fonteintjie in hul eie harte kans te gee om sy lewenswater in hul are vry te laat.

So lééf en laat leef!

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal kus studeer voor ek teruggekom het Namibië toe. Ek het leeus en olifante teen die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en ons is in 2014 getroud. Na agt jaar in Windhoek, het ons uiteindelik na die roep van die natuur geluister en in 2019 die stad agtergelaat. Ons bestuur vandag 'n oord teen die Erongo berge, waar inspirasie my nog daagliks aanmoedig en ek die tyd wat ek kry gebruik om te skryf. Ons toer en kamp gereeld en nuwe inspirasie bly nooit ver agter nie. Ons hou daarvan om nuwe plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s