Prioriteitslyste

Ons het almal so iets. Waar ons egter op iemand anders se lys val, daaroor het ons geen beheer nie.

Ek kla nie sommer nie. Ek is oor die algemeen ’n baie positiewe mens en soek altyd die positiewe in ’n situasie, maar tans voel ek maar baie laag op almal om my se prioriteitslys. Ek gee en gee en gee, maar dit bly nie genoeg nie. Ek doen en doen en doen en dit is nie genoeg nie. Ek vra en vra en vra, maar steeds is dit nie genoeg nie. Hoeveel kan ’n mens van jouself gee, vir ander doen, van ander vra voor jy net nie meer wil nie? Voor omgee ophou?

Ek is ’n aanhouer. Iemand wat deurdruk. Ek hou aan vorentoe kyk, selfs al lê ek teen die grond.

Maar ek is moeg. Tot in my siel toe moeg. Ek onthou die laaste keer wat ek so gevoel het. Ek hou nie van daardie gevoel nie. Dit is nie ek nie. Nie die mens wat ek wil wees nie.

Ek is moedeloos, gefrustreerd, te pletter. Die ergste van dit alles. Ek hou dit altyd vir myself. Ek wil tog niemand ontstel nie. Niemand te na kom nie. Niemand vra om my vir ’n slag eerste te stel nie. Dit voel selfsugtig. En dit is die een ding wat ek glo ek nie is nie. Ek sal eerder stil bly voor ek iets sê wat iemand anders ammunisie sal gee, te na gaan kom of laat dink ek is veeleisend, want dis wat ek myself vertel en ek het nie die krag om met dit te deal nie. Dus is ek maar oukei. Ek kan nog vat.

En hier blaker ek dit nou aan die wêreld uit. My vinger huiwer op die delete knoppie, maar vir eens voel dit of ek dit net uit my moet uit kry. Want dis gif vir my siel en ek is nie bereid om ‘n stadige dood te sterf as gevolg van my eie vrese nie. Ek dink aan so baie ander siele daar buite wat presies dieselfde voel. Nie die woorde geuiter kry nie. Te bang oor wat ander dan gaan dink. I’m setting myself free with these words, gaan deur my gedagtes.

Ek vra myself af of ek op enigiemand se prioriteitslys is. Die antwoord? Dit kom binne sekondes. JA! Ja ek is op die Een belangrikste prioriteitslys. En soos ek hier skryf besef ek dat dit die belangrikste lys is om op te wees en die rede hoekom ek hierdie post publiseer.

God gee vir my om. By hom is ek altyd nommer een. By Hom sal ek weer my krag kry. My moed en die rus wat ek nodig het om op te staan en hierdie reis voort te sit. Want Hy gee nooit op op my nie. EN OOK NIE OP JOU NIE. So druk deur al voel dit of jy nie meer kan nie. Hy is daar. Fokus dus op Hom wanneer jy dink jy kan nie meer nie.

:-*

Met liefde, C

 

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

One thought on “Prioriteitslyste”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s