Uitstel is nie noodwendig afstel nie

Ek het hierdie week ‘net ontspan’. Nie letterlik nie. Ek het net nie hierdie week geskryf nie. Ek het net vir ’n paar dae die karakters ’n rusperiode gegee. Ek moes eers weer my eie creative juices aanvul. Dis nodig. Enige kunstenaar weet dat jy soms nodig het om net iets anders te doen. Ek het ’n hele reeks van my gunsteling Engelse skrywer se boeke verslind. Ek het konfyt gekook. Ek het die huis van bo tot onder skoongemaak. Ek het gedink. Ek het beplan. Ek en my man het gepraat. Ons het beplan. Ons het moontlik ’n nuwe rigting wat ons binnekort weer inslaan. Ons wag in spanning om te hoor wat gebeur vorentoe. Ek is opgewonde. Vir die eerste keer in ’n lang tyd is ek weer opgewonde. Hy ook. Dis ’n nuwe vooruitsig. ’n Nuwe uitdaging. Een wat ons wil doen, nie iets wat ons moet doen nie.

Ek het hierdie week tyd geneem. Tyd om dinge te oordink. Tyd om my binneste weer te ondersoek. Tyd om te gaan kyk, waar lê my kreatiwiteit en hoekom sukkel dit so om lewendig te bly. Practice makes perfect. Ek weet darem nie. Ek dink, practice keeps you going towards making it perfect. Of so iets. Daar is ontvlugting in boeke. Dit geld nie soseer in skryf nie. Ek weet vir baie skrywers doen dit, maar nie vir my nie. Ek kan nie my persoonlike omstandighede losmaak van my skrywerspersona nie. Ek is nie seker ek wil nie. Ek moet. Een of ander tyd. Dis iets wat ek sal moet aanleer. Maar vir nou. Vir nou neem ek ’n oomblik en wag opgewonde om te sien wat gaan kom.

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

2 thoughts on “Uitstel is nie noodwendig afstel nie”

  1. Jy is só reg! Mens het soms nodig om terug te staan van jou gewonder aktiwiteite. Ek het die afgelope tyd ‘n klomp boeke gelees wat nie resensiekopieë is nie, en dit was ook soort van bevrydend!

    Ek hoop dat daar vir julle duidelike leiding gaan wees rakende julle toekoms.

    Ps: anna se man het opgedaag by my adres 😚

    Liked by 1 person

    1. Ons is baie opgewonde vir wat besig is om te ontvou, maar sal eers teen komende naweek sekerheid hê. 🤩

      Ek hoop jy geniet Anna se man! Ek sien uit na die terugvoer. 😊

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s