Ek gesels met ‘n leser

Daar is baie gesprekke met skrywers, maar wat van die leser en hulle perspektief?

As aktiewe leser verskil my oogpunt, verwagtinge en voorkeure dikwels van die volgende persoon. As skrywer moet ek aan die leser en hierdie verwagtinge dink en wil ek graag meer van hulle weet. Dus het ek lesers genooi om hul perspektief met my te kom deel en nooi ek ook vir jou om my te nader vir die onderhoud.

Vandag gesels ek met ‘n vrou wat hopelik altyd sal aanhou droom.

  • Wat is jou naam?

Maria Eygelaar

  • Hoe oud is jy of in watter ouderdomsgroep is jy?

Tussen 40 – 50

  • Waar woon jy?

Bonnievale, in die Wes Kaap

  • Watse werk doen jy of het jy gedoen?

Ek het geleer as regs sekretaresse en in Robertson en Clanwilliam afsonderlik gewerk. Toe ek ’n tyd lank nie werk gehad het nie, het ek lemoene en nartjies gepluk in Clanwilliam. Dit was ’n avontuur en lekker, want ek hou van die natuur. In Riebeeck Kasteel het ek weer met perskes gewerk en in Malmesbury gehelp met uitvoerproteas. In Bonnievale het ek weer by Prokureurs gewerk, tot dit weens persoonlike omstandighede moeilik geraak het. Ek is tans ’n bemarkingsagent vir my vriendin se man vir sy skilderye en doen beskikbare werkies onderwyl ek my dogter en pa versorg.

  • Is romanse jou gunsteling genre?

Romanses is en bly maar my gunsteling. Ek wag nog vir my hero, my sprokie. Dis my swak punt: Romantikus.

  • Hoekom geniet jy romanses?

Ek geniet dit omdat die lewe so bitter kan wees. Dis die soet, die mooi daarvan. Ek kan wegraak en saam met die held of heldin wegraak in die stories. Party het die mooiste plekke. Plekke wat jy kan nie self kan besoek. Die kos, die natuur. Sommer net die storielyn en jy leer altyd iets mooi. Dit moet my hart raak.

  • Wanneer jy voor ’n rak vol romanses staan, hoe kies jy watter boek(e) jy koop? (Is dit die skrywer, voorblad, agterbladteks, eerste bladsy, laaste bladsy, ’n kombinasie?)

Ek kyk nie na ’n boek se voorblad nie. Ek lees die agterkant, ja, en dit moet my hart raak, dan sal ek dit neem. Ek het my gunsteling skrywers ook, ja, maar ’n stories moet my tref. Ek moet daaruit leer, so dit kan ’n ware verhaal ook wees. Die voorblad is ’n bonus.

  • Is daar ander genres wat jy geniet? Hoekom?

Ek hou ook van historiese stories en ware verhale. Ek hou van mooi stories en plekke.

  • Lees jy net Afrikaans of lees jy ook Engels?

Ek lees Engels ook, maar verkies Afrikaans.

  1. Papier of e-boek of beide?

Ek hou van ’n boek in my hand, nie e-boeke nie.

  1. Bly jy wakker om ’n boek klaar te lees, of is dit maklik om ’n boek teen slaaptyd neer te sit?

As die storie mooi is, wil ek hom klaar lees, anders sit ek dit neer, staan vroeg-vroeg op en lees verder. Op die oomblik moet ek tyd maak vir lees, my dogter is siek, my mense het my aandag nodig, maar ek is ’n boekwurm.

  1. Wat lees jy op die oomblik?

Hartsmusiek van Lizelle von Wielligh

  1. Hoe gereeld lees jy?

Soos tyd toelaat

’n Paar vrae oor my boeke:

  1. Hoeveel van my boeke het jy al gelees?

Drie, ek moet die ander nog kry. Ons sukkel om hulle hier te kry.

  1. Het jy ’n gunsteling?

O nee, hulle is elkeen mooi op hul eie.

  1. Wat geniet jy van my stories?

Ek hou van die skryfstyl. Jy praat op die man af, praat soos dit in die wêreld gaan. Jy raak punte aan, klim in die karakters. Ek hou van dit. Jy’s reguit, eerlik en oop. Jou verhale speel ook op plekke af wat ek my kan inleef en selfs sien hoe dit lyk.

  1. Is daar iets wat jy dink kan verbeter of wat jou nie aanspreek nie?

Ek gaan nie iets aan jou styl wil verander nie, hou net so aan.

Ander skrywers:

  1. Watter ander romanse skrywers se werk geniet jy of wie is jou drie gunsteling skrywers?

My drie gunstelinge:

Ciska Olivier

Rina Cilliers

Lizelle Von Wielligh

Ek geniet ook hierdie skrywers se stories:

Rene van Zyl

Rosita Oberholzer

Frenette van Wyk

Felicia Snyman

Dina Botha

Elsa Winckler

Corne van Rooyen

  1. Is daar iets waarvan jy meer sal wil sien in romanses?

Ek weet nie, ek hou van die boeke soos dit is. Ek hou van fotografie, plekke, blomme, die natuur, die Karoo, Namibië, historiese plekke en geboue, kosse. Plekke wat jou hartsnare roer.

  • Is daar iets waarvan jy minder sal wil sien in romanses?

Die vraag los ek maar vir die mensies wat nie tevrede met alles is nie. 🙂

Baie dankie vir die kuier, Maria. Ek hoop dat jy nooit sal ophou droom nie en ons as skrywers altyd sal aanhou ondersteun.

Liefde groete en ek wens jul elkeen ‘n pragtige geseënde Paasfees.

Published by

ciskaolivier

Ek woon in Namibië en is 'n plaaskind vanuit die Kalahari. Na skool het ek as veldgids en gasteplaasbestuurder in Suid Afrika se bosveld en Natal se kus studeer voor my terugkeer het na Namibië. Ek het leeus en olifante in die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf. Ek het in my eie wêreld van lees en skryf geleef tot ek uiteindelik my eie storieboekheld ontmoet het. Hy het my hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin en in 2014 is ons getroud. Ons is lief vir toer en kamp gereeld. Dis hier waar nuwe inspirasie dikwels kom aanklop. Ons hou daarvan om plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op ons ‘bucket list’ af te merk. My man is my grootste ondersteuner en ons huwelik is vir my die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit ek daagliks inspirasie put. Ek skryf liefdesverhale, want ek is 'n absolute sucker vir romanse en liefde wat alles oorwin. Wat kan dan ooit sterker wees as ware liefde?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s