‘Bucket List’

Bid Daddy - 2005

Klim tot op die hoogste punt van Big Daddy

As veldgids en oordbestuurder het ek menige toere na Sossusvlei gelei, maar net twee keer het ek Big Daddy, die hoogste duin in Sossusvlei area op 325 meter, uitgeklim. Jy moet fiks wees. Jy moet tyd hê. Jy moet genoeg water saamvat. Meeste van als, jy moet iemand hê om jou aan te moedig. Ek het hierdie reuse duin uiteindelik al die pad tot bo geklim saam met my gesin in 2006.

 

P1040266 Maak ‘n wilde dier groot

Daar is niks so hartroerend soos om ‘n diertjie in te neem wat sy ma verloor het nie. Kudu (vreeslik oorspronklik) was skaars ‘n week oud toe ons haar gekry het en sy soos ‘n skaaplam agter die bakkie aangehardloop het. Wat van haar ma geword het is ‘n raaisel, maar sy was klein en maer en ons het haar op die bottel grootgemaak. Dit is egter ‘n anderster gesig wanneer jy sien hoe vier manne moet spring om ‘n kudu kalf in ‘n bootjie te laai wanneer sy besluit sy wil saam gaan visvang en agterna swem.

 

IMGP1605 Besoek een van die oudste plante ter wêreld

Daar is min dinge wat mens vandag nog kan verras. Wanneer jy egter in ‘n ou krater beland en jy kom op masiewe welwitchias van hoër as 1,4 meter af, dan knyp jy jouself om seker te maak jy sien reg. Ek is ‘n lang vrou, 1.88m en hierdie plant is net een van baie in ‘n versteekte heiligdom van die Namib woestyn waar sommige van die plante meer as 2000 jaar oud kan wees.

 

DSC_0847 Leer ‘n nuwe stokperdjie

Daar is iets baie bevredigend daaraan om iets nuuts te probeer en nogal goed te wees daarin. As plaaskind was water net iets waarin jy swem en ‘n groot skaarste in die Kalahari. Ek moes selfs my vriend (vandag my man) bel om te verduidelik hoe om ‘n visstok reg ‘aanmekaar’ te sit vir gaste wat op die oord kom bly het en wou gaan visvang. Dus het my skattige vriend dit goed geag om my touwys te maak in die kuns van hengel en is dit vandag ‘n heerlike tydverdryf wat ons saam kan geniet.

 

DSC_0830 Raak aan ‘n olifant

Terwyl ek as veldgids toere na Hluhluwe Imfolozi verneem het, was daar dikwels tye waar olifante baie nabei aan die toervoertuig gekom het. Die verantwoordelikheid om 10 toeriste kalm te hou en te verseker nie een van hulle of die dier is ‘n situasie waar ongelukke kan gebeur nie, was soms senutergend. Ek glo egter dat diere verstaan wanneer jy kalm bly (en jou toeriste hul asems ophou) en met hulle gesels. Dit was dikwels die geval in díe park wanneer jy nie vorentoe of agtertoe kon gaan nie en vir die ou grotes moes wag om op hul tyd hul rigting te gaan. Dus was dit ‘n ongelooflike belewenis toe ek die eerste keer ‘n olifant heiligdom besoek het en aan hierdie reuse kon raak, sonder die vrees dat hy enige oomblik die bakkie wil stoot.

 

DSC_0849 Besoek jou land hoek tot kant

Vra vir iemand die vraag: “Waarheen wil jy nog gaan?” en hul antwoord is waarskynlik een of ander eksotiese eiland of oorsese bestemming. Daar is baie mense vir wie daardie droom nooit sal realiseer nie en tog vergeet ons so maklik van ons eie land se eksotiese en interressante bestemmings. Ons droom so groot, dat ons dikwels vergeet van die erfenis wat ons hier in ons eie land het. Geseënd is die wat dit wel besef en alles wat hul eie land kan bied gaan opsoek, want vir hulle raak die wêreld by die dag groter en die droom van ‘n lewe vol bestemmings nie so onmoontlik nie.

 

Besoek die buurlande

DSC_0522 DSC_0935 DSC_0045

Angola                                    Mosambiek                           Suid Afrika

DSC_0501 DSC_0404 DSC_0023

Zimbabwe                             Botswana                               Zambia

Jy kan dalk nie oorsee nie, maar jy kan oorrivier. Suider Afrika is een van die top bestemmings vir toeriste en daar is ‘n goeie rede daarvoor. Selfs in lande waar die infrastuktuur dalk nog nie of tans nie so goed is nie, is daar tonne om te beleef.

 

DSC_0267 DSC_0382

Doen iets vreesaanjaends

Challenge your fears, sê hulle. Sluk, haal diep asem, knyp jou oë toe en laat los. Moet net nie vergeet om jou oë weer oop te maak nie, want dan mis jy dalk net die grootste thrill van jou lewe. Dit is vreesaanjaend. Mal. Ongelooflik. Bevredigend …

So wanneer gaan ons valskerm spring?

 

DSC_0139 Hou ‘n tema partytjie of woon een by

Daar is niks wat soveel sports en vreugde verskaf soos ‘n tema partytjie nie. Dit bring mense bymekaar en sal vir nog baie jare se goeie en genotvolle foto’s en gesels sorg.

 

 

dsc_1008.jpg Trou met jou beste vriend, jou lover, jou sielsmaat

Nog nooit was ‘n dag so perfek soos ons troudag nie. Ten spyte van alles wat fout gegaan het (soos ‘n mak kameelperd wat nie van die dekor hou nie) of nie gebeur het nie of moes gebeur. Niks daarvan maak saak wanneer jul oë ontmoet en jy weet jy het die liefde van jou lewe gekry nie. Dit is een dag van jou lewe waarop jy nie wil of hoef te stres nie. Laat gebeur wat moet gebeur en onthou net die goeie … want dit is absoluut die belangrikste.

 

P1100483 Gaan op daardie oorsese reis

Soms gebeur dinge op die regte tyd, of val alles net in plek. Gebruik daardie oomblik. Jy weet nie wanneer die kans weer gaan kom nie. Beleef die mense, die kos, die atmosfeer, die geskiedenis. Die wêreld is vol rykdom vir die wat herinneringe en belewenisse najaag.

 

DSC_0490 Maak tyd vir familie & onthou om jonk te bly

In my lyn van werk (toerisme) is vakansies oor Kersfees ‘n rariteit. Wanneer die kans hom egter voordoen elke 3 jaar of so, is daar niks beter as om dit saam met familie te spandeer nie. Boonop kom ons hele familie elke paar jaar byeen en is dit een groot gekuier en is die duin een van die grootste aangeleenthede. Hier raak oud en jonk laf en is daar nie ‘n kuiltjie in die lyf wat nie sand het nie. Selfs ouma laat die sand deur haar vingers glip en lag vir die kinders se gebaljaar.

 

DSC_1317 Stap deur ‘n woud

“You can be in terrible shape, but if you take a three-hour walk through the forest and along the river, you’re simply not the same as when you started out.” Wyser woorde as die van Jim Harrison het ek nog nie gehoor nie. Daar is min dinge wat so bevredigend is as om die natuur om jou te hoor asemhaal.

 

DSC_0581 Besoek ‘n geskietkundige plek

Min plekke in die wêreld groei tot een van die hoogste kapitaal inkomste dorpe en verval dan weer tot niks binne die bestek van 50 jaar. Mense kom en gaan en tog bly die impak van ons spore nog lank na ons weg is. Ons vergeet so maklik of verkies om nie terug te kyk nie, maar uit ons geskiedenis is daar ‘n les om te leer. Eens ‘n florerende dorp, staan Kolmanskop vandag met hol vensters oor die woestyn en kyk.

 

20180519_122259 Doen iets spesiaals vir iemand

Daar is min tye so spesiaal in ‘n mens se lewe soos ‘n troudag … en om deel van daardie dag te wees, is altyd besonders. Veral wanneer jy ‘n bydrae kan maak tot daardie ongelooflike dag. Dit was ‘n hengse ervaring en ‘n groot eer om vriende se troukoek te bak – maar ek sal nie sommer gou weer so ‘n reuse taak aanpak nie. 10 ure om by die eindproduk te kom laat jou waardeer wat baksters moet verrig.

 

20181103_081438 Publiseer ‘n boek (of boeke)  🙂

My droom om ‘n boek te publiseer het op skool al begin. Daar toe ek die stories nog met die hand geskryf het. Dit was alles oor die genot wat ek lesers kon verskaf en dit is wat my laat aanhou het. Nou, uiteindelik, word hierdie droom realiteit en hoop ek om genot aan heelwat lesers te bring.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s