‘Crossroads’

Elke nou en dan kom elkeen van ons by ’n kruispad te staan en moet ons besluit watter kant toe. Dikwels kan ons net reguit aanhou, maar daar is die T-aansluitings wat ongetwyfeld gaan opduik. Om ’n besluit te neem wat jou of iemand anders se lewe gaan verander of soms selfs teen jou persoonlikheid inspreek, is nie altyd maklik nie … en tog is dit noodsaaklik. Soms neem jy daardie meer waaghalsige afdraai en is die ervaring bevrydend. Ander kere wens jy dat jy die veiliger roete, die meer bekende roete gevolg het.

So leer ons en so groei ons. Wie is dan nou ook op diIMGP1608e aarde om ‘veilig’ te lewe. ’n Interessante woord in vandag se lewe en tog ook ’n noodsaaklike een. Wie nie waag nie, sal nie wen nie. So is dit met elke keuse en soms lei albei paaie na dieselfde uiteinde. Dit is wat ons daaruit leer wat ons volgende roete gaan bepaal.

O, Troukoek!

DSC_0873

“Mensig, maar troukoek is duur,” was my woorde so vier jaar gelede. Die eindproduk was egter elke rand werd en ons het dit met ’n breë glimlag betaal.

‘n Vriendin het hierdie jaar Januarie dieselfde gesê en met hul begroting bietjie knap, het ek aangebied om die koek te bak en dit boonop as trougeskenk te doen. Ek is immers nie te sleg met bak nie en geniet ‘n uitdaging. Hoeveel moeite kan dit dan nou wees? Continue reading O, Troukoek!

Stukkies hemel

DSC_0019Ek is laf oor blomme. Gesnyde blomme uit ‘n blomwinkel is oukei, maar my liefde lê eintlik by blomplante. Of dit in die tuin is of in die veld. Veral in die veld. Bring vir my arms vol wildeblomme en jy maak my gelukkiger as die versigtig gekweekte blomme van ’n winkel. ‘n Blom aan ‘n plant is nou maar eenmaal my ondergang. Daarom dat ons tuin by die werk vir my ‘n lushof is. Veral nou met ongekende oorvloed wat net buite my kantoordeur ontstaan het met die laat reëns. My hart warm word wanneer die plante wat my man vir ons groei begin blom – veral wanneer hy spesiaal vir my blommetjies plant. (Salige sug …) Continue reading Stukkies hemel

Sout van die aarde

DSC_0030

Wanneer jy op ‘n skaapplaas grootword is roofdiere die vyand … veral rooijakkalse. By die see is dit egter ‘n heel ander saak wanneer die strandlopers ewe rustig langs jou bakkie verby kom draf terwyl jy vir ’n vissie wag om jou aas op te tel. Teen hierdie dorre kusgebied langs moet ’n roofdier baklei om oorlewing. Hier is sy kos enkele muise, jong robbe wat uitspoel en so nou en dan die visserman wat vir hom ’n paar sardyne gooi. Dit was vir ons ongelooflik besonders dat hierdie aartsvyand van ’n boer so mak soos ’n rondloper hond kan raak wanneer daar ’n kans op ’n gratis kossie is … Maar oor een ding is ons eens. Hy moet net daar by dDSC_0037ie see agterbly. Continue reading Sout van die aarde

‘n Vrou moet handig kan wees

Ek het my vermoë om verskeie onderhoudtake te kan verrig altyd as vanselfsprekend aanvaar. Ek weet waar om die fout te gaan soek wanneer die krag skielik afgaan. Ek weet hoe om ’n tang, skroewedraaier en boor te gebruik.  Ek hoor wanneer iets nie reg is aan my bakkie nie en ek weet hoe om ’n pap wiel om te ruil. Baie van hierdie dinge het ek as plaaskind leer doen en heelwat meer daarvan terwyl ek as veldgids en gasteplaas bestuurder gewerk het. Daar is min meisies wat weet hoe om ’n skaap te vang en om te dop. Hoe om bo-op ’n perd te bly wanneer die stiebeuel breek terwyl jy tent pegging doen of met ’n .375 H&H kan skiet. Ek moes al ’n pap band omruil terwyl leeus in my omgewing beweeg en al tien gaste op die bakkie moes bly. ’n Meer gevaarlike situasie kan daar nie sommer wees nie – en nie as gevolg van die leeus nie maar a.g.v ’n bakkie vol toeriste VS ’n highlift jack. Continue reading ‘n Vrou moet handig kan wees

Wanneer die dag aanbreek

Jy swoeg en sweet vir jare met ‘n pen in jou hand of met jou vingers op die sleutels van jou ou getroue skootrekenaar. Jy skryf en herskryf en soek na ‘n skryfskool om jou skryfstyl bietjie te slyp … en dan kry jy daardie lank verwagte epos: Jou manuskrip is goedgekeur. Eers probeer jy jou bes om nie te oorhaastig opgewonde te raak nie en jy lees weer. Jouwaarlik! Daar staan regtig goedgekeur. Jy byt jou lip vas en forseer daardie kriewelende opgewondenheid om binne te bly tot jy die epos klaar gelees het en dan laat jy die vreugdeslag uiteindelik uitborrel. Jy spring op en dans in die rondte terwyl blydskap deur die kantoormure weergalm.

Dit liewe leser is presies wat ek gedoen het. My man twyfel selfs of ek meer opgewonde was die dag wat hy my gevra het om met hom te trou … Nou ja, aangesien ek daardie groot vraag nooit verwag het nie en hy my totaal stomgeslaan het, kan ek eerlik antwoord dat ek nog nooit so sprakeloos gelaat is of so baie gelag het soos daardie aand nie. Om egter jou drome te bewaarheid met ‘n boekpublikasie, dit is ‘n kategorie op sy eie en ek verkies om dit so te hou.

Hierdie blog is dus die begin van ‘n nuwe uitdaging op verskeie maniere en ek nooi jou uit om dit saam te stap. Ek is lief vir skryf en lief daarvoor om nuwe dinge to ontdek. Ek hoop dus dat jy dit saam sal geniet.

 

Good company in a journey makes the way seem shorter. — Izaak Walton

post