Droomreis in ‘n tyd van Covid-19

Dis ’n vreemde gevoel. Skaars twee maande gelede was ons op die drumpel van ons opkomende verlof. Opgewonde het ons uitgesien na ons vakansie en kon ons nie uitgepraat raak oor wat ons alles gaan sien en beleef nie.

Die nuwe Coronavirus wat in China uitgebreek het en stadig na omliggende lande begin versprei het, het nie ons geesdrif gekelder nie. Met die WHO se skakel boaan my internet soeklys om ons konstant op hoogte van die situasie te hou, het ons op die vliegtuig geklim na Frankryk.

Wat ’n ongelooflike tyd Continue reading Droomreis in ‘n tyd van Covid-19

Wanneer die lang wag verby is

en die vakansie werklikheid word …

Vandat Christelle in 2018 haar voete op Franse bodem bevind het in Krummelpap in Parys, beloof ek myself al dat ek self ook eendag die roetes wat sy gestap gaan aandurf. Daardie droom word uiteindelik werklikheid.

So lank as wat ek kan onthou, nee wag, so vroeg as toe ek my eerste Ena Murray boeke gelees het, droom ek al van ’n reis na Europa. Die kastele en geheime bouvalle het my destyds al gefassineer. Mettertyd het die belangstelling gegroei. Die geskiedenis. Die kultuur. Die andersheid van wat ons hier in Afrika ken. Dit alles het my gelok. En toe Nataniel met Edik van Nantes verskyn, toe is nie net ek nie, maar ook my man vasgevang. Daardie reis het ’n vaste voorneme geword.

In 2019 begin ons wonder waarheen gaan ons met ons volgende verlof … my antwoord: “Frankryk. En terwyl ons daar is, hoekom nie Italië ook nie? Dis waar Jana van Haar hartsbegeerte en meer haar immers in ’n fontein bevind het.”

Beplanning en die gewag het begin en die naels kou na die dag wat ons vir ons Visas moet aansoek doen en hier is ons op die drumpel. Visas in die een hand, vlugkaartjies in die ander en ons rugsakke gereed om gepak te word. Krummelpap in Parys en Haar hartsbegeerte en meer lê gereed. Die dames is gereed om weer Europa te besoek. Hierdie keer vir ’n werklike besoek.

🙂

Proeseltjie: Krummelpap in Parys – Ciska Olivier

Hy vat haar hand en kyk na die verskeie krulle, draaie en patrone van die armband. “Dit is mooi.”

“Dankie.” Sy trek haar hand terug, maar kan die trots wat in haar opstu nie onderdruk nie. “Die oorbelle is hul pasmaats, maar nie die halssnoer nie. Noem my maar obsessief, maar die meeste van my eie juwele het ek self gemaak. Dit is net geskenke soos hierdie wat nie my eie werk is nie.”

Sy oë vonkel toe hy glimlag. Continue reading Proeseltjie: Krummelpap in Parys – Ciska Olivier

Krummelpap in Parys

Na ek VIR ’N OOMBLIK, VIR ALTYD klaar geskryf het (wat eintlik die eerste boek in die Hartebreker reeks is – Verskyn Oktober 2018), het ek gedink dat dit dalk tyd is vir Christelle om haar rieme bietjie styf te loop. Ek was reeds mal oor haar lewenslustige geaardheid en selfversekerde houding, so om haar aan iemand voor te stel op wie sy kan verlief raak – iemand wat heeltemal ongepas is – maar wat nie sommer voor haar skoonheid en flirty geaardheid gaan swig nie, was ’n besonderse ervaring.

Christelle hou daarvan om in mense se lewens in te meng en dink dikwels sy weet van beter. Sy is ’n selfversekerde vrou wat weet wat sy uit die lewe verlang en wat sy wil bereik, maar sy is tog ook opreg vrou diep in haar hart met dieselfde hoop en drome as elke een van ons. In die regte man se arms, sal sy floreer en hy sal die gelukkigste man op aarde wees. Continue reading Krummelpap in Parys