2018 … was dit maar net een jaar?

Dit voel asof hier baie meer dae in hierdie volgepakte jaar was. 2018 was voorwaar tjok en blok vol oppe en affe. Hoogtepunte en laagtepunte. Goeie dinge, amazing dinge, ongelooflike dinge … maar ook minder positiewe oomblikke …

2018 was vir my ’n jaar van verandering. My pad het baie skielik, baie vinnig en baie groot verander. Continue reading

Talente

Waar kry ons ons talente vandaan?

Dusk till Dawn Art Exhibition (2)
Firefly glow under normal light by Annie Olivier

Hierdie is nie ’n gesprek wat ek nog net een of twee keer by betrokke was nie, maar met my sussie se fluorescence landskap-reeks uitstalling genaamd ‘Dusk till Dawn’ waarby ek self weer ademloos gelaat is, het die vraag weer sy draai kom maak. Nou kyk, ek weet dat my ma mooi kan teken en ek weet my Ouma het bietjie met woorde gespeel, so dit het as vanselfsprekend gekom dat ons die talent mos geërf het. Continue reading Talente