Wanneer jou skip nie inkom nie, swem uit na hom toe

2019 … dit het nie begin soos ons gedink het dit sal nie. Bygesê, wanneer begin iets ooit soos jy dink dit sal. Hierdie jaar daarenteen het werklik binne rekordtyd ’n verandering ondergaan. Soveel so dat ons – ek en my man – ’n 360 moes doen. Ons moes ander werk soek, want: Dit reën nie. Die droogte duur voort. Vleis pryse val. Bek-en-klouseer breek in SA uit en daar is nie mielies vir die aanvraag nie …

Boerdery is geen grap nie. Nie wanneer jy van graanboere afhanklik raak wanneer dit nie reën nie en jou veld skraal raak nie … en die graanboere is ook van die reën afhanklik.  Dis ’n bose kringloop. ’n Kringloop geanker in aardsverwarming. ’n Kringloop aangehelp deur ons, die mens. Die uwe wat veronderstel was om na die aarde te kyk. Ons elkeen doen ons deel en het iewers ’n bydrae tot die stand van sake … So hoe herstel ons dit?

My nuwe beleid vir 2019 – Help die aarde, sodat die aarde jou kan help. Dis so maklik.

– Gebruik jou eie herbruikbare inkopiesakke

– Hergebruik of DIY met plastiek/glas houers of bottels

– Koop los groente en vrugte wat jy in jou eie herbruikbare sakkies sit (wenk uit ’n tydskrif: koop die sakkies waarin jy gewoonlik onderklere sal was en gebruik dit eerder as plastiek)

– Lees tydskrifte aanlyn, eerder as om nog ’n hoop aan die einde van die jaar te hê waarin jy amper nooit weer gaan kyk nie

En ek gaan dit uitleef op ’n gasteplaas. Jip, ons gaan ’n lodge management couple word. Ek gaan terug na my professie en die beste van alles – ons gaan uitstedig wees. So reg in my man se kraal.

’n Uitdaging gaan dit wees. Maar ons is gereed hiervoor.

2018 … was dit maar net een jaar?

Dit voel asof hier baie meer dae in hierdie volgepakte jaar was. 2018 was voorwaar tjok en blok vol oppe en affe. Hoogtepunte en laagtepunte. Goeie dinge, amazing dinge, ongelooflike dinge … maar ook minder positiewe oomblikke …

2018 was vir my ’n jaar van verandering. My pad het baie skielik, baie vinnig en baie groot verander. Continue reading

Veranderende wêreld

20180807_085706Dit voel of ek by ’n troue is met die Jakaranda bome se blaartjies wat soos confetti om my warrel in die Augustus wind. Hierdie jaar voel dit egter baie anders hier aan die begin van die laaste maand van winter. Die Augustus winde is hierdie jaar presies op tyd, maar dis ook asof lente reeds in die lug is. ’n Vreemde, maar ook steurende, gedagte. Augustus moet nog bibberend koud wees, maar nou begin plante alreeds blom en stoot hulle al nuwe lote uit. Dit terwyl ander nog hul blare verloor. Continue reading Veranderende wêreld

Waagmoed … of malligheid?

Spring van ‘n krans af, uit ‘n vliegtuig, van ‘n brug af …

glass-bridge-zhangjiajie-national-forest-park-tianmen-mountain-hunan-china-fb__700-png
Coiling Dragon Cliff skywalk deur boredpanda

“Nee dankie, ek het my lewe lief,” was altyd my antwoord. Wie spring dan ook uit ‘n vliegtuig wat niks makeer nie? Wel, ek het reeds van ‘n krans afgespring en ek kan nog nie glo ek het ingestem om uit ‘n vliegtuig – wat hopelik niks makeer nie – te gaan spring nie. Ek hou egter voet by stuk, ek sal nie bungee nie. Val kop eerste aarde toe? Aikôna!

Zhangjiajie-Grand-Canyon-Glass-Bridge-lead-1020x610
Zhangjiajie Glass Bridge – Google images

Niks kom egter by die gekkigheid van op glas oor niks, let wel, niks, nada, boggerol! loop nie. Continue reading Waagmoed … of malligheid?